Taxi vs. Formule 1 kar

Taxi’s is k@k. F0k hulle. Dit gesê dit is nogal vermaaklik om te sien hoe ‘n taxi ‘n Red Bull Formule 1 kar dice. Mens moet die taxi drywer prys vir sy opportunisme. Hy sal nie weer die kans kry om langs ‘n F1 kar te ry nie.

Sy “five seconds of fame” is vasgevang in hierdie twitter video:

Die Red Bull RB7 F1 kar was besig om in Kaapstad se middestad rond te ry as deel van ‘n demonstrasie vir die Red Bull Cape Town Circuit. Hy het ‘n verkeersirkel betree en toe hy weer kyk toe is daar ‘n minibus taxi langs hom.

Natuurlik is daar die moontlikheid dat die taxi bestuurder net dom astrant was. Miskien was hy net besig om ‘n taxi te wees en ‘n vlieënde f0k vir ander padgebruikers te voel.

In ieder geval, dit het nie gelyk asof hy deel moes wees van die demonstrasie nie. Die media kon nie die taxi drywer in die hande kry vir kommentaar nie.

Twitter/ @redbullracing

Hoekom was daar ‘n F1 kar in Kaapstad?

Elk geval, hulle dink daaraan om die Suid-Afrikaanse Grand Prix terug te bring. Die laaste een was by Kyalami in 1993. Dis heel moontlik waaroor al die bohaai gaan. Hierdie is natuurlik baie opwindende nuus vir diegene onder onds wat daarvan hou om te kyk hoe karretjies oor en oor in sirkels ry, soos Scalextric. Dit was seker amuserend as kind, maar selfs toe het dit oud geraak na 10 sekondes.

www.raru.co.za / Carrera Go Scalextric

Maar dis ‘n oulike speelding om ‘n een-jarige mee te vermaak. Miskien inspireer jy jou kind om die volgene Kimi Räikkönen of Michael Schumacher te wees. Miskien nie Michael nie. Skrap dit.

Lees ons ander Blou(bal) Maandag artikel oor die rassistiese Bedfordview staatswerker wat afgedank is. Daar’s ‘n video van die doos ook.

As julle hou van meme dumps, begin met ons ons Afrikaanse memes wat jou hare op jou tande sal gee meme dump.

Onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Tjorts, julle!

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.