Rassistiese staatswerker vasgelê op video en afgedank

Ons raak gewoonlik nie aan inhoud oor rassistiese gedrag met ‘n 10 meter pyp nie. Dis holrug gery, dit raak gewoonlik morsig en veroorsaak net negatiewe vibes.

Dit gesê, mens kry altyd ‘n gevoel van leedvermaak wanneer ‘n rassistiese doos afkak. Dis presies wat met ‘n staatswerker by die Bedfordview Lisensiëringsdepartement gebeur het.

Hy het in soveel woorde gesê dat hy nie van wit mense hou nie. Kyk:

Hierdie bra verdien ‘n f0kken PK. Vergeet die rassistiese gedrag, hy’s net bloot astrant en ongeskik. Een van daardie geregtige mense met klein mannetjie sindroom wat die bietjie gesag wat hy het misbruik.

Hy’t egter lekker op sy moer gekry en is volgens die Bedfordview and Edenvale News afgedank. So hy’t nou lekker baie tyd om homself te gaan F0K.

Maar hy’s nie die enigste kakmaker nie. Die Bedfordview Lisensiëringsdepartement het nie juis die beste reputasie nie. Daar was al verskeie ander berigte oor hul swak dienslewering en selfs onmenslike behandeling van pensioenarisse.

Kyk net hoe swak is hul Google rating:

‘n Rassis van ‘n ander kleur

Ons almal weet hoe kak dit is om mens se lisensie te gaan hernu, so veronderstel jy moet nou ook met so ‘n ongepoetste etter te doen kry. Mens moet die kliënt in die video (Gavin Sharples) bewonder vir sy kalm gedrag. As dit meeste van ons was sou die video waarskynlik viral gegaan het vir ‘n heel ander rede. En dan sou die situasie natuurlik omgedraai gewees het… sonder enige konteks.

Dis belangrik vir ons om te onthou dat ‘n rassis ‘n rassis is, maak nie saak wie hy is of watter kleur hy is nie. Kyk byvoorbeeld na die veel erger misdade van Vicki Momberg en Adam Catzavelos. Daardie twee het wit mense se naam uiters gat gemaak (asof dinge nie alreeds moeilik genoeg was nie). En so mag sekere van hierdie staatswerker se mense ook dink dat hy hul naam gat gemaak het.

Meng al die semels saam vir die varke om op te vreet

Die eerste reaksie as mens iets soos hierdie video sien, is om te dink “hulle almal is so”. Maar dis verkeerd. Hierdie ou is net ‘n vrot appel is. Ja, daar is sekerlik baie ander vrot appels soos hy, maar mens moet versigtig wees dat die vrot appels mens nie vooroordelend maak nie. Ons moet eerder al die rassiste oor dieselfde kam skeer. Hulle is almal werfetters.

Rassistiese gedrag het geen plek innie samelewing nie en hierdie ou het bewys dat dit van beide kante af kan kom. Die kak mense in al die rassegroepe is besig om dinge vir die res van die cool mense in al die rassegroepe te versuur. Maar daar is goeie mense oral en mens moet dit nie vergeet wanneer mens met ‘n doos soos hierdie te make kry nie.

OK, dis die einde van die preek. Gaan in vrede, broeders en susters!

Maar voordat julle gaan, lees ons ander Blou(bal) Maandag artikel oor die taxi wat ‘n Formule 1 kar gejaag in Kaapstad gejaag het.

Onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Baai, julle!

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.