PewDiePie ressenseer Jacob Zuma

Dit het uiteindelik gebeur! Ons tyd het gekom. Ons is nou op die groot verhoog, in die A-liga, die upper-echelon. Suid-Afrika is amptelik op die kaart. Ons het gearriveer. Ons is uiteindelik cool. En dis als te danke aan Jacob Zuma.

Hoekom is ek besig om ‘n otter te kraam? vra julle. Want PewDiePie het ‘n video oor oud-president Zuma gedoen! Julle het reg, en dit heel waarskynlik hier eerste, gehoor. Die grootste onafhanklike YouTube ster, met byna 100 MILJOEN subscribers, het ‘n video oor die grootste drol in ons geliefde Suid-Afrika (of soos Trump dit noem, “shithole”) gedoen.

En dis histeries snaaks. Pewds roast vir Jacob oor alles, van sy dansies, tot sy aanklagtes van korrupsie en ook oor hoe Zuma nie groot syfers kan lees nie.

Maar genoeg voorspel, kyk die video vir julself:

YouTube / PewDiePie

Wat gebeur innie video?

So baie.

Die beste is Pewds se kommentaar oor hoe hierdie man (Jacob Zuma) die president van ‘n land is [was]. Dis iets wat ons Suid-Afrikaners al vir jarre sê. Hoe in die naam van f0k kan hierdie persoon, wat nie eers syfers kan lees nie, in beheer wees van Suid-Afrika?

“Why should he know how to handle numbers? It’s not like he’s the PRESIDENT!”

Dis ook kaksnaaks om te sien hoe Pewds eintlik probeer sin maak van die syfers wat Jacob lees deur hulle te tik.

YouTube / PewDiePie – The president of South Africa’s Numbers

Maar die HEEL beste is wanneer Pewds vir Jacob met ‘n vyf-jarige vergelyk… en die vyf-jarige is slimmer. Die syfer wat die kind moet lees is ook VEELS langer as enige iets wat Zuma ooit moes lees: dit begin by 876 QUINTILLION.

YouTube / PewDiePie – The president of South Africa’s Numbers

Later in die video noem Pewds ook dat ons dalk baie mooi moet dink vir wie ons stem in ons verkiesings. Ongelukkig het vanjaar se verkiesings weereens bewys dat “dink” nie ‘n sterkpunt vir meeste Suid-Afrikaners is nie .

“You think America was dealt a bad hand? Think about South Africa.

Dis ook skreeusnaaks om te sien hoe die vertaler sukkel met Zuma se sinne – mens kan sien sy wil haar hol ruk vir hom.

YouTube / PewDiePie – The president of South Africa’s Numbers

So baie onnosel

Daar is so baie dom goed wat Zuma al kwyt geraak het dat mens verbaas is dat Pewds se video slegs 12 minute lank is. Die res van die video gaan, onder andere, oor Zuma se onbekwaamheid in Aardrykskunde; uitspraak van eenvoudige woorde en skeinheiligheid omdat hy (Jacob) mense uithaal oor hulle nie “Nkandlaaa” kan uitspreek nie.

Pewds lees ook die mense se kommentaar op die videos van Zuma en mens kan nie help om kameraadskap met mede-Suid-Afrikaners te voel nie.

YouTube / PewDiePie – The president of South Africa’s Numbers

Doen jouself ‘n guns en kyk en deel PewDiePie se video met ALMAL. Spread the word. Laat die mense van die wêreld sien waarmee ons te doen het hier aan die suidpunt van Afrika. Miskien stuur iemand hulp.

As jy hou van memes en om te lag oor onbekwaamheid in Suid-Afrika, check hierdie Eskom meme dump uit.

En onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Cheers!

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.