Passasierskip bliksem in ‘n veerboot vas

Mens kan nie hierdie opskrif lees sonder om te dink aan Sandra Bullock in daai horribale Speed 2 fliek nie. Julle weet, die een waar sy op ‘n weghol passasierskip met Willem Dafoe is. Dit klink so belaglik soos wat dit is. Vir die van julle wat nie kan onthou nie, hier’s ‘n verfrisser:

YouTube

OK, die video van die passasierskip in Venesië is nou nie so opwindend (en onrealisties nie), maar dis nogsteeds vreesaanjaend om te sien dat so iets regtig kan gebeur. Kyk:

Was die kaptein gesuip?

Nee, hy was nie. Jammer. Dit sou definitief die storie meer interessant gemaak het. Maar helaas, nee. Daar was blykbaar ‘n enjin fout en hulle kon dit nie keer nie. Hulle het die ankers uitgegooi, sleepbote het die ding probeer wegtrek, maar dit was als tevergeefs.

Die skip het in ‘n veerboot met meer as ‘n honderd toeriste aanboord vas geslet, maar gelukkig is daar net 5 mense beseer. Die ongeluk het al die boot verkeer in Venesië se Guidecca Kanaal opgef0k. Hulle was ook toevalig besig om die oeroue tradisie van “Marriage of the Sea” te vier, so daar was nog meer bote as gewoonlik en dit het ‘n totale poespas veroorsaak.

Venesiërs is afgepis

Natuurlik is die locals baie onstoke oor die hele storie. Ons almal weet hoe irriterend toeriste kan was en van ons was al irriterende toeriste. Daar is sekere organisasies wat alle passasierskepe in Venesië wil verban, wat verstaanbaar is want die plek is te klein vir die reuse goed. Maar mense kan nie vir Venesië uitlos nie, net soos wat die Katolieke kerk se priesters nie jong seuntjies kan uitlos nie.

independent.co.uk

Dis min of meer soos die Waterfront by Kaapstad of die kabelkar by Tafelberg. Daar’s altyd ‘n kakhuis vol toeriste wat ‘n kakhuis vol foto’s neem, veral die Chinese toeriste. En in spitsseisoen (waarin Venesië nou is), is dit soveel erger.

Lees ons ander Blou(bal) Maandag artikels hier: http://warrefok.com/tag/bloubal-maandag/

Onthou om ons ook uit te check op FacebookInsta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Koebaai!

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.