Paashaas kostuums reg uit die Hel

As jy dink aan die Paashaas, watter woorde kom by jou op? Wollerig en oulik? Ja. Vriendelik en innemend? Beslis. Wat van eienaardig en vreesaanjaend? Monsteragtig? Duiwels? ‘n Gedierte reg uit die sewende sirkel van HEL!!! Nee, nie regtig die eerste gedagte wat by my opkom as ek dink aan die paashaas nie.

Fok die paashaas, eintlik. Die idee van ‘n oorgrootte haas wat eiers kom wegsteek in mens se tuin is creepy. En WARREFOK het dit elk geval met Jesus se kruisiging te doen? Die hele ding is onderduims as jy my vra. Die enigste goeie ding van paasfees is die feit dat mens ‘n langnaweek kry waar jy jouself kan ooreet aan chocolate en dit dan afsluk met groot hoeveelhede alkohol.

Elk geval, hier is ‘n paar foto’s van Paashaas kostuums uit die ou dae wat die KAK uit kinders uit laat skrik het. Dis basies soos die haas in Donnie Darko.

1. Welkom in Paashaas Hel

Help daai kind!

2. Hondsdolheid Haas

Ek sou nie vir al die f0kken paaseiers innie wêreld op hierdie ding se skoot sit nie.

3. Hierdie Paashaas lyk soos ‘n moordenaar

Hierdie kind is besig om homself te beskyt soos die foto geneem word.

4. Wat in die naam van alles wat heilig is is DIT?!

Dit lyk asof hierdie Paashaas kostuum deur ‘n gebrekkie gemaak is.

5. Pedofiel Paashaas

KYK na daardie fokken ou se gesig, wat het die ouers gedink om hierdie kind op sy skoot te sit?!

6. NOG ‘n guaranteed Pedofiel

Hou op jul kinders hieraan blootstel, hulle gaan sielkundige berading nodig hê!

7. Daai ding lyk asof hy jou gaan eet

Warrefok gaan aan met die proporsie van hierdie Paashaas?

8. Pedofiel haas nommer 3

Mens noem dit ‘n BACKGROUND CHECK, ouers!

9. Hierdie is borderline kindermishandeling

Hierdie kind probeer letterlik om weg te kom van hierdie vatterige Paashaas af. Miskien is dit die verbinding met die kerk: al die Katolieke kerk se pedofiele trek ook as die Paashaas aan tydens Paasfees.

10. OK, genoeg nou

Ons eindig hierdie lys op ‘n lae nooit, met hierdie fokken gedierte en nog twee kinders wat vir PTSD behandel moet word.

Ek dink dis beter dat ons wegbly van Paashaas kostuums en foto sessies af. Bly maar by eiers wegsteek innie tuin en hot cross buns eet – maar nie te veel nie, klaarblyklik sit dit mens oor die limiet volgens hierdie artikel.

Geniet die Paasnaweek, maats! As julle weggaan, wees veilig, baie mal mense oppie paaie. Moenie drink en bestuur nie, probeer om nie te ooreet nie, maar belangrikste van als: PASOP virrie Paashaas!

Onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.