My fok, Marelize! – Meme Dump

#myfokmarelize

Tensy jy jou lewe onder ‘n moerse fokken klip spandeer, sal jy presies weet wat #myfokmarelize beteken.

Marelize se not-so-epic fail het haar oornag laat viral gaan en ‘My fok, Marelize’ is nou die frase vir enige en elke fokop. Indien jy wel ‘n sluiper is en nie die geringste idee het waarvan ons praat nie, kyk eers die video:

Wow… ons het gewonder #warrefok ons gaan post vir Dom Doos Dinsdag en ons kon nie vir iets beter gevra het nie… net, net wow…

Posted by Warrefok on Tuesday, February 26, 2019

OK, nou dat almal opgevang het, en die res van ons die video al virrie duisendste fokken keer gekyk het, kan ons aanbeweeg.

Bietjie agtergrond: So die hele rede hoekom Marelize daardie noodlottige dag aan ‘t fietsry was op ‘n rugby veld van alle plekke, is omdat sy nooit as kind geleer het hoe om fiets te ry nie. Haar Ma wou ‘n ‘maklike’ plek sonder struikelblokke kies sodat sy kon leer. Net jammer daar was ‘n moerse fokken rugby paal innie pad, né ?

Die rede hoekom sy juis nou wil leer hoe om fiets te ry is omdat sy in Nederland gaan werk. Darem is hulle nie groot op rugby daar nie, so sy behoort OK te wees.

Elk geval, sy’t die video met haar niggie gedeel, wie dit op verskeie Whatsapp groepe gedeel het, en julle weet hoe gaan hierdie goed. Dit het vinniger as porn in ‘n koshuis versprei en binnekort was ‘My fok, Marelize’ op almal se lippe en #myfokmarelize in almal se posts.

En NATUURLIK, soos wat dit gaan met viral sensations, het daar ‘n kakhuis vol memes ontstaan oor die nou beroemde Marelize.

Ons het die beste vannie bestes uitgekies om hier met julle te deel. Geniet dit, maats!

1. Tweede handse mountain bike

Ja, dit lyk soos Marelize s’n…

2. It’s just like riding a bicycle

Nie vir Marelize nie.

3. Veiligheid eerste

Marelize moet permanent met bubble wrap rondry.


4. Fietsryer poespas

Marelize moet die Cape Argus eerder ‘n skip gee.

5. Hoe de fok?

Net Marelize sal hierdie kan regkry.

6. Goeie stadsbeplanning

Dis net onregverdig teenoor Marlize.

7. Sexy

Wel, dis ‘n turn-off.


8. Marelize en Pastoor Alph – meme mash-up

Pastoor Alph Lakau ontmoet vir Marelize. Dalk kan jy haar fiets weer

9. My fok, Petrus

Marelize is nie die enigste ongeluksvoël nie.

Trekker bliksem in 'n boom is. 'Ek het vir jou gese om nie te suip terwyl jy trekker ry nie! My fok, Petrus! ' #myfokmarelize

10. Die perfekte fiets bestaan ni-

Warrefok is die punt van hierdie ding?

Vier wiel fiets spesiaal gemaak vir Marelize #myfokmarelize

Watter #myfokmarelize meme is jou gunsteling? Laat weet ons innie comments en as julle enige ander memes het, deel gerus.

Wil jy nog ‘n dump vat? Check uit ons Polony Meme Dump oor die hele Listeriose saga laas jaar.

Onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met julle maatjies.

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.