Lugredding ontaard in ‘n poespas

‘n Ou tannie het haar koek los gespin tydens ‘n lugredding in Amerika se Arizona staat. Haar draagbaar het op ‘n spin cycle gegaan terwyl die helikopter besig was om haar op te hys. Sy’t heel waarskynlik ‘n kat geskiet voordat sy uitgepaas het van die G-force. Kyk:

YouTube / Inside Edition

Die arme ou tannie (74) was besig om te stap toe sy geval en ‘n kop besering opgedoen het. Sy was alreeds lighooftig voordat hulle haar op die draagbaar gesit en in ‘n f0kken fidget spinner verander het.

Sy’s 175 keer gerev voordat hulle haar uiteindelik onder beheer gekry het en dit het 2:30 minute geduur; langste 2:30 minute van haar lewe.

Hoerefok het dit gebeur?

Die woordvoerders van die reddingseenheid se verskoning was dat die wind erg gewaai het. Dit, en ‘n spesiale kabel wat hulle gebruik om hierdie tipe goed te vermy het eers nie gewerk het nie, en toe heeltemal gebreek.

Hier’s hul onderhoud, almal lyk so ongemaklik, LOL:

YouTube / CBSDFW

Die tante is darem OK en het nie opad hospitaal toe of by die hospitaal kat geskiet nie. Daar mag dalk sekere besonderhede wees wat hulle liefs uit die media uit gehou het om verdere vernedering te vermy.

Soos die Phoenix reddingseenheid se woordvoerders gesê het, was hierdie nie die eerste of enigste keer wat so iets gebeur het nie. Hier’s nog ‘n video waar iemand tydens ‘n lugredding begin rondomtalie. Hierdie een is nog hoog op in die berge ook. Daai persoon het nie met ‘n skoon onderbroek (of panty) by die hospitaal gearriveer nie:

YouTube / MoVideos

In die volgende video een is daar ‘n reddingswerker saam op die draagbaar wat rond geslinger word. Mal oor die musiek in hierdie een:

YouTube / roggezzinho

En hier’s nog ‘n lugredding fail, waar die mense se koppe amper deur die helikopter lemme afgekap word:

YouTube / Randy Mains

Wat is die les wat ons almal hieruit geleer het? As jy gaan stap of bergklim, wees f0kken versigtig!

As julle hou van rampe, lees oor hierdie passasierskip wat in ‘n hawe vas gebliksem het.

En onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Baai!

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.