Eskom en Load Shedding – Meme Dump

Eskom offices powered by small generator

Niks fok ‘n goeie fliek, gaming of porn sessie so vinnig op soos Eskom en load shedding nie. Die ergste is wanneer mens weet dit kom en dan vir dit wag… soos wat mens wag vir toast om uit die toaster te spring en dan skrik jy elk geval jou koek af wanneer dit doen.

Of mens bliksem innie bank vas, moer jou totter innie yskas deur toe, of bliksem vannie toilet af met ‘n stuk toilet papier wat nog aan jou hol vasklou. Daar is so baie scenarios waar Eskom alles vir mens opfok.

Maar Suid-Afrikaners het MOS ‘n goeie sin vir humor. Ons kan altyd ‘n manier vind om oor alles te lag, al weet ons dat dit ons probleme net tydlik opsy sit, nie oplos nie, en dat die land diep innie kak is. Maar hey, ten minste het ons nog soms krag vir internet om vir memes te lag.

So hier is ‘n versameling vannie beste load shedding memes wat met Eskom gek skeur.

1. Diensverskaffing op sy beste

Wel, ten minste kry hulle EEN ding reg…

Eskom Load Shedding Meme - White text on black background: "Load shedding. The only thing that South Africa delivers on time"
Altyd stiptelik

2. As SA se elektrisiteit ‘n mens was

Eskom sou die Matrix breek.

Eskom Load Shedding Meme - 
Text: "electricity in other countries" with picture of Keanu Reeves as Neo from "The Matrix"
Text: "electricity in South Africa" with a picture of a bad Neo cosplay.
The poor man’s Neo.

3. Die goeie ou dae

Kerse verkoop seker soos ACID by ‘n trance party.

Eskom Load Shedding Meme - 
Picture of a candle with text: 
"What did south Africa use before candles?" 
"ELECTRICITY"
Ou tegnologie

4. Wie onthou nog kragproppe?

Myne het al spinnerakke in.

Eskom Load Shedding Meme -
Uitgedien

5. Daar was monsters innie donker…

Ek dink die foto is underexpose.

Eskom Load Shedding Meme - Speech bubble on black background: "ESKOM GROEP FOTO"
Say “Corruptiooon!”


6. Moeilike een…

“Can I phone a friend?”

“No you can’t, the power’s out.”

Eskom Load Shedding Meme - White text on black background: "GUESS THE COUNTRY"
Dis ‘n shot in the dark

7. Fucknight

Dis nou as jy die game kan speel met load shedding, @stoffel.pantoffel

Eskom Load Shedding Meme - @stoffel.pantoffel Instagram post - Fortnite parody of stage 5 & 6 load shedding.
Eskom sit die “night” in Fortnite

8. Ghostbuster

Dis hoekom fokol by Eskom werk.

Eskom Load Shedding Twitter post - Twitter picture post about a supposed "ghost" working on site to restore electricity.

Load shedding gaan vir ‘n ruk nog met ons wees, so daar sal ongetwyfeld nog baie meer memes uit hierdie hele saga onstaan. En die beste ding wat ons almal kan doen is om positief te bly en aan te hou lag, al is dinge moeilik oppie oomblik.

Maar dis goed om te sien dat almal die snaakse kant van die fokop raaksien en dat daar ten minste, al is dit net vir ‘n rukkie, ‘n bietjie eenheid in hierdie mal land van ons is.

Staan sterk maats, daar sal weer lig aan die einde van die tonnel wees, al moet ons die elektrisiteit self met waterwiele of ons fietse (#myfokmarelize) opwek, ons sal ons eie manier kry!

As jy nie van daai idee hou nie, kry dan vir jou ‘n fokken generator of power bank of watokal op afslag deur hierdie link te click:Loot (Affiliate link).

Het julle enige Eskom/load shedding memes? Ons wil ook sien! Wys ons innie comments.

As jul meme-lus nog nie versadig is nie, check uit ons ander meme dumps.

Onthou om ons uit te check op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.