Die Wonderlike Wêreld van Wish

Wat is “Wish”? Tensy jy in Orania bly het jy heel moontlik al hul advertensies op Facebook en Instagram gesien. Dis ‘n online shopping website en app met baie goeie pryse en die… interessantste voorraad.

Maar die regte vraag is: Waarom is “Wish”? Waarom bestaan dit? Wat is die redenasie vir van hul voorraad? Wat is die logika agter dit als? En “Wie”? Wie is hul klante? Wie op God se groen aarde koop hierdie kak?

As jy deurmekaar is, is dit OK. Alles sal binnekort duidelik gemaak word. Daar is sekere goed in hierdie wêreld wat mens nie kan “onsien” nie en wat hier volg is deel daarvan.

1. ‘n Stywe swart en rooi nommertjie

Kêrels, bederf jul noointjies met iets ‘n bietjie anders. Hierdie voël korset is NET die ding wat julle nodig het om dinge op te warm innie slaapkamer hierdie winter. Ook baie handig vir manlike strippers en modelle. Ons is nie seker van groottes nie, so jy moet maar so met die oog skat of jy genoeg wors het om hierdie stoute nommertjie te vul.

2. Stoeiii!

As jy van stoei hou is hierdie die perfekte uitrusting vir jou. Sexy, slank en modieus, hierdie liberale weergawe van die tradisionele stoei kostuum sal definitief ‘n paar koppe draai.

3. ‘n Stywe leer nommertjie

As jy innie bui is vir iets ‘n bietjie stouter as die gewone, soek nie verder nie! Hierdie nommertjie is beskikbaar in alle groottes van SMALL na EXTRA EXTRA LARGE sodat selfs Dik Daan sy fantasieë kan uitoefen.

4. ‘n Gaatjie vir jou houtkapper

Praat van “easy access”! Hierdie voël verklikker vattie kakkie. As jy regtig ‘n statement wil maak by jou volgende orgie, is hierdie enetjie al wat jy nodig het.

5. Die “no imagination” nommertjie

As jy niks vir die verbeelding wil laat nie, is hierdie die perfekte onnie vir jou. Veronderstel haar gesig wanneer sy jou broek aftrek en hierdie sien, met jou slang gesquish soos ‘n mamba in ‘n te-klein glaskas. Skokkend? Miskien. Opwindend? BESLIS!

6. Ietsie virrie dames

Moenie bekommer nie, dames. Ons het nie van julle vergeet nie. Bederf jou kêrel met ‘n spesiale haarsny met een van hierdie stensils vir jou moemfie. Niks sê “ek’s lief vir jou” soos om jou skaamhare in ‘n kunswerk te verander nie.

Ons gaan nou innie gewaar zone van Wish in. Wees gewaarsku

Nie alles op wish is so prettig en “onskuldig” soos die items hier bo nie. Party goed op Wish is dood eenvoudig net f0kken vreemd.

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.