Aladdin pleeg ‘n nuwe trailer + Genie meme dump

'n Singende Blou Dildo

Ek WENS net Disney wil ophou met hierdie remake kak. . . see what I did there? Aladdin, een van ons geliefkoosde kinderflieks is die nuutse Disney remake slagoffer.

Ek het nie gedink hulle kan enigsins kakker word nie, maar helaas is ek weer verkeerd bewys.

So hier is die tweede lokprent vir die lewende aksie Aladdin fliek (wat niemad voor gevra het nie):

Disney – Fucking up your childhood, one movie at a time.

almal

Visueel lyk die fliek eintlik nogal befok. Maar dis al wat dit van my af kry! Ek CRINGE alklaar met elke stukkie dialoog innie lokprent, so ek wil nie eers weet hoe die dialoog innie hele fliek gaan wees nie (nie dat ek dit gaan kyk nie). Die draaiboek is heel waarskynlik kak, dis hoe dit gaan met hierdie VFX-heavy flieks.

Elk geval, die internet het natuurlik sy KAK heeltemal verloor met die eerste lokprent, veral omdat die genie (Will Smith) so belaglik tos en eienaardig lyk. Die een silwer randjie is dat daar ‘n hele paar sappige memes onstaan het wat die kak uit Will Smith se Genie uit troll.

Hier’s ‘n versameling van die heel bestes.

1. Will Smith as Shrek

Nou DIS ‘n fliek wat ek sal kyk.

2. Will Smith as Teletubbies

Asof Teletubbies nie alklaar onstellend genoeg was nie.



3. Will Smith weer as Shrek

Hy’s kakgroot teenoor Donkey, fokkit.

4. Tobias Fumke is die Genie wat ons verdien

As julle Arrested Development gekyk het sal julle vir Tobias Fumke en die keer toe hy by die Blue Man Group aangesluit het onthou. Dis histeries.

5. Will Smith and the Chocolate Factory

Oompa Loompa doompa dee DON’T!

6. Wens daar was regtig so ‘n knoppie

Wens ons kon tyd terug draai na die goeie ou dae…

7. Die Indie weergawe van Aladdin

Ek sal eerder hierdie een kyk, eerlikwaar.

8. Aladdin se onselfsugtige wens

Ons almal wens hy was nie die Genie nie.

Kom ons wees eerlik met onsself hier, julle: Will Smith gaan nooit Robin Williams wees as dit kom by die Genie nie. En ek hou van Will Smith, hy was al in ‘n paar goeie flieks en hy’s ‘n goeie akteur. Maar niemand, en ek bedoel NIEMAND, sal ooit Robin Williams se Genie kan vervang of klop nie.

Ek meen, kyk net hier:

So dankie, Disney. Dankie vir die groot stomende KAK wat julle op Robin Williams se herinnering en nalatenskap vat. Julle toondoof naaiers.

As julle van kaggelkakkies hou en MOERSE Disney en Aladdin aanhangers is, check uit hierdie POPS (Ja, ons kry komissie as julle koop. Ons kort ook biergeld, ffs):

Check uit ons ander meme dumps as jy van dumps hou.

Onthou ook om ons te stalk op Facebook, Insta en Twitter en as julle cool wil wees, deel hierdie artikel met jul maatjies.

Facebook Kommentaar
Doenit!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.